Ontvangsjaar

Graad R

In Graad R by Laer Meisieskool La Rochelle is ons fokus om ons leerders op ‘n speelse manier vir graad 1 voor te berei. Ons plaas klem op fyn- en groot motoriesevaardighede, klankverwerwing en ‘n goeie begrip van getalle. Graad R moedig kreatiwiteit en verbeelding aan deur kunstige aktiwiteite. Musiek, beweging, dans en drama word in die kurrikulum geintegreer.

Elke week is ons óf besig met bak en brou óf wys en vertel. Tydens ons bak- en brousessies kry die leerders die geleentheid om met verskeie geure en teksture van kos te eksperimenteer. Hulle ontwikkel lewensvaardighede soos om byvoorbeeld hul eie toebroodjie te kan maak. Tydens wys en vertel help ons ons leerders om met selfvertroue te praat deur nuus met hul mede-klasmaats te deel.

Ons stel ons leerders bloot aan verskeie sportsoorte soos netbal, hokkie, atletiek en swem. Graad R is ‘n geleentheid om ‘n sterk grondslag te bou vir ‘n lewenslange leerreis en om kinders voor te berei vir sukses in hul opvoedkundige loopbane. Dit is wonderlik om te aanskou hoe ons kleintjies fisies en emosioneel groei en in jong dames verander!