Nasorg

La Garderie

La Garderie is Laer Meisieskool La Rochelle se nasorgsentrum. Wat deur Laer Meisieskool La Rochelle bestuur word. Leerlinge van graad R tot graad 7 word by die nasorg versorg. Hierdie is nie net ‘n diens wat aan ons ouers en dogters gelewer word nie, maar ‘n geleentheid om twee baie belangrike beginsels rakende die opvoeding van ons leerders aan te spreek:

  1. Die opvoeding van die leerder in totaliteit: ons speel, eet & rus saam – ‘n wonderlike geleentheid vir holistiese opvoeding.
  2. Emosionele en fisieke sekuriteit: hier bevind die meisies hulself in ‘n uitstekende en goed georganiseerde omgewing, onder toesig van omgee dames.

Hoe ons werk

Maandag tot Donderdag: Direk na skool tot 17h30
Vrydae: Direk na skool tot 17h00
Openbare vakansiedae: Gesluit

Vakansiesorg: 1ste, 2de, 3de kwartaal. Geen vakansiesorg gedurende Desembervakansies nie.
Vakansiesorg word vir elke kwartaal deur ouers gereël.

Nasorgaanbod:

  • Deeglike toesig na skool
  • Help met huiswerk
  • ‘n Liefdevolle en huislike atmosfeer
  • Ruim speelgrond
  • Ligte verversings